Betaalmetodes

English

  1. Aanlynaankope met behulp van PayPal word aanvaar.
  2. Bankoordragte word ook aanvaar, maar slegs vir Suid-Afrikaanse kopers.
  3. Selfoonoordrag (Slegs vir Suid-Afrikanaanse kopers)

Lees meer by die onderstaande oor die verskillende betaalmetodes

1. PayPal

Ons aanvaar betaling met PayPal. PayPal aanvaar bekende kredietkaarte, insluitende Visa en MasterCard. PayPal sal nie enige van u persoonlike of kredietkaartinligting aan Riana Mouton verskaf nie, wat 'n addisionele vlak van veiligheid meebring.

Neem asb. kennis: PayPal-betalings kan nie met ander betaalmetodes gekombineer word nie. Om met PayPal te betaal, word 'n minimum bestelling van R48 verlang.

Kliek hier om meer uit te vind van Paypal.

BELANGRIK Kennisgewing vir Suid-Afrikaanse Kopers: PayPal aanvaar 'n aantal geldeenhede vir betalings, maar NIE Suid-Afrikaanse Rand nie. Indien u verkies om met PayPal te betaal, kies een van die ander beskikbare geldeenhede, voor betaling. Die aankoopbedrag sal outomaties omgeskakel word na die gekose geldeenheid.

Die huidige geldeenheid word aangedui deur 'n simbool in vet letters onder die opskrif "Currency", aan die bokant van die bladsy. Die normale/standaard geldeenheid vir die winkel is Suid-Afrikaanse Rand, aangedui met 'n vet letter R.

Voorbeeld: Daar is reeds items in die aankoopwaentjie ter waarde van R650. Die buitelandse wisselkoers vir Amerikaanse Dollar op die betrokke dag is $1 = R10. Indien die simbool vir Amerikaanse Dollar aan die bokant van die bladsy gekies word, sal die vet letter R na 'n normale druk R verander, en die simbool vir Amerikaanse Dollar verander na 'n vet letter $. Die totale aankoopbedrag sal ook aangepas word van R650 na $65. Betaling vir $65 kan nou gedoen word met PayPal.

Aanvullende bankfooie wat van toepassing mag wees, is ten volle die verantwoordelikheid van die koper.


2 Bankoordrag
(slegs Suid-Afrikaanse kopers)

Om met 'n bankoordrag te betaal:

Binne 5 dae vanaf u besteldatum, plaas die fondse van u bank oor na die aangeduide rekening. Die besonderhede van die bankrekening sal voorsien word by die betaalpunt, sowel as in die bevestigings-epos vir die bestelling. Die Aanlynmusiekwinkel se bestellingsnommer moet op die bankoordrag aangedui word, om die korrekte toepassing van die fondse vir u transaksie te verseker.


3. Selfoonoordrag
(slegs Suid-Afrikaanse kopers)

Binne 5 dae vanaf u besteldatum, plaas die fondse van u bank oor na die aangeduide selfoonnommer. Die spesifieke selfoonnommer sal voorsien word by die betaalpunt, sowel as in die bevestigings-epos vir die bestelling.

Die bestelling sal hangende bly, totdat die betaling ontvang is.

Aanvullende bankfooie wat van toepassing mag wees, is ten volle die verantwoordelikheid van die koper. Die Aanlynmusiekwinkel se bestellingsnommer moet op die selfoonoordrag aangedui word, om die korrekte toepassing van die fondse vir u transaksie te verseker.

 

 

ARK Web Design since 1998 ** ARK Webontwerp sedert 1998

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

 ARK Web Design © 2016-2024
ARK Webontwerp © 2016-2024
h5

Download Bible: Angel

Bekering

Bybelteks

Bible Text